Ons Fees Storie

Hier op die oewer van die Vaalrivier is die gedagte van ons eie musiekfees gebore en in 2016 was die eerste kunstenaars op die verhoog en die mense het opgedaag. Ons harte het gesing!

Ons venue, Klipspruit River Resort is nie net 'n warm familie oord nie maar die geriewe is perfek om fees gangers te akkommodeer. So het hier elke jaar duisende mense opgedaag om te kom kyk, luister, te beleef en saam te kuier! En hierdie jaar vir ons 4de verjaarsdag gaan ons grooooot fees vier!

Met van die beste van die land se kunstenaars op die hoofverhoog, vermaak en aktiwiteite vir die jongspan, 'n vertoning deur Rockstar Wrestling, die oord se waterglybane, lekker kos en drinkgoed, koue bier en 'n fantastiese uitsig op die Vaalrivier kan jy dit nie misloop nie!

Alles wat jy van hierdie jaar se fees wil weet is hier op ons blad. Lekker kuier hier!